Klassieke element

Die makrokosmos met die elementêre sfere aarde, water, lug en vuur (Robert Fludd, 1617).

Die term klassieke elemente verwys gewoonlik na die begrippe in antieke Griekeland van aarde, water, lug, vuur en ’n vyfde element, eter, wat veronderstel was om die aard en kompleksiteit van alle materie te verduidelik in terme van eenvoudiger stowwe.[1][2] Antieke kulture in Egipte, Babilonië, Japan, Tibet en Indië het soortgelyke lyste gehad. Soms is na lug in die plaaslike taal as "wind" en na die vyfde element as "leemte" verwys. In China se Wu Xing-stelsel is hout, vuur, aarde, metaal en water genoem.

  1. Boyd, T.J.M.; Sanderson, J.J. (2003). The Physics of Plasmas. Cambridge University Press. p. 1. ISBN 9780521459129. LCCN 2002024654.
  2. Ball, P. (2004). The Elements: A Very Short Introduction. Very Short Introductions. OUP Oxford. p. 33. ISBN 9780191578250.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne